Press "Enter" to skip to content

Wat sê die vers? 1 Timótheüs 1:15

Paulus skryf vir Efese en gee vir Timótheüs pastorale riglyne van hoe die kerk van God moet funksioneer. Hy belei in sy brief: “Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.” Van watter ongeloof praat die eks-fariseër Paulus hier? Was Paulus dan nog ‘n sondaar toe hy hierdie brief geskryf het? Verseker, en dit is hoe nodig ons Christus en Sy verlossing daagliks het. Himenéüs en Alexander is aan satan oorgegee, maar hoekom? Hoe ernstig is dwaalleer en hoe affekteer dit die res van die gemeente se geestelike veiligheid? Hoekom is dit deel van die kerk se opsig en tug teenoor die ongehoorsame lidmaat? Hoe moet die herders dan die gemeente beskerm?

00:00 Wat sê die vers? 1 Timótheüs 1:15
03:07 Moontlike waninterpretasies?
06:30 Wat is die konteks: Hoe leef ons in God se kerk?
14:50 Wat moet ons met Paulus se beleidenis doen?
18:00 Hoekom grootste sondaar?
22:43 Wat is die profetiese woorde vir Timótheüs?
26:04 Dwaalleer en kerklike tug

Skrifverwysings:
Kol 1:20, 1 Tim 1:3, Jesaja 64:6, Ef 4, Ps 51, Hand 13, 1 Kor 5:5, 2 Tim 2:16-18, 1 Kor 5-7, 1 Tim 3:14-15.

Aanbieders:
Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee, Jaco de Beer

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.