Press "Enter" to skip to content

Perspektief: Mei 2024

Drie onderwerpe van bespreking wat terugkyk oor die afgelope maand se nuus is politiek en die stembus, wêreldse sukses en natuurrampe. Wat het christene te doen met die politiek, en hoe moet ons die stembus benader? Is ons rentmeesters van die skepping, en het ons ‘n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap? Kan jy jou geloof uitleef daar waar jy is? Waaraan word sukses gemeet? Is wêreldse sukses werklik die moeite en tyd werd vanuit ‘n ewigheidsperspektief? Markus 8:36: “Wat baat dit ‘n mens immers as hy die hele wêreld as wins bekom, maar sy lewe verloor?” Hoe moet die gelowige natuurrampe sien, en hoe moet ons dit as deel van God se plan beskou? Amos 3:6 “Sal daar ‘n ramp oor ‘n stad kom as die Here dit nie gebring het nie?”

01:50 Die christen en politiek
13:45 Waaraan word sukses gemeet? (Rassie Erasmus se egskeiding)
26:00 Hoe moet die gelowige na natuurrampe kyk?

Skrifverwysings:
Ps 146:3, 1 Tim 2, Jer 9:24, Matt 6:33, Mark 8:34-36, Ps 119, Ps 46, Amos 3:5-6, Matt 24:7-14

Aanbieders:
Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee, Jaco de Beer en Nikolaas Pienaar


One Comment

  1. Sean Sean

    Baie dankie vir die episode broers! Soos ek geluister het veral na die laaste gedeelte oor die natuurrampe het dit vir my so baie geklink soos die Klimaatsverandering kulte wat die wereld so in n greep het. Die oorsaak vir die ysbeer in Antartika so verhoogde harklop vanoggend is omdat jy jou diesel bakkie in Suid-Afrika aangesluit het. Soos een van julle laaste opmerkings, ons bly in n materialistiese wereld waar alles n “wetenskaplike” verduideliking moet he.

    Dankie vir alles wat julle doen.

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.