Press "Enter" to skip to content

Luisteraarsvraag: Ware kerk en valse kerk

Hoe onderskei ons tussen die ware kerk en die valse kerk? Is daar ‘n geldige onderskeid te tref? Waarom is daar ‘n kwessie met die lering van sommige kerke en denominasies? Wat is die kenmerke van die ware kerk teenoor die false kerk? Is die suiwer verkondiging van die evangelie, die gereelde bediening van die twee sakramente en kerklike tug belangrik vir gelowiges? Wat is die verantwoordelikheid van elke christen?

00:00 Wat is ware kerk teenoor valse kerk?
05:50 Is daar ‘n geldige onderskeid?
11:10 Kenmerke van die ware kerk
18:20 Gereformeerde regulerende beginsels
30:45 Kenmerke van ‘n valse kerk
40:03 Elke gelowige het ‘n verantwoordelikheid

Skrifverwysings:
Art 29 NGB, Hand 20:30, Open 2:20, 2 Joh 7-11, Gal 6, 1 Kor 2, 1 Pet 2:2, Open 3:7-13, 2 Tim 4, Hand 16, 1 Kor 11, Heb 10, 1 Kor 5 en 6, 1 Kor 12.

Aanbieders: Gerhard van Rhyn en Jaco de Beer

One Comment

  1. neelsmalan neelsmalan

    Die ware kerk is almal wat in Jesus Christus glo (NGB27). Hierdie kerk het nog vele, sondige gebreke.
    Wanneer ‘n kerk die evangelie vervals, is hy die valse kerk.
    Die NG Kerk het begin om die band met Christus los te maak.
    Hulle verskaf ‘ruimte’ aan mense wat nie glo aan die maagdelike geboorte van Christus nie, of aan sy ligaamlike opstanding nie, of aan hulle wat as man met man of vrou met vrou in die ‘huwelik’ wil saamlewe.
    Die ou en nuwe Apostelkerke plaas die apostel in plek van Christus.
    Die Jehova-Getuies bely Christus as slegs ‘n skepsel, en ontken sy Godheid.
    Die Mormone glo jy kan God word.
    Die Roomse Kerk aanbid Maria en plaas die Pous, priesterdom en hulle beheer oor die redding via die sewe sakramente in Christus se plek.
    Vgl NGB28 en 29.

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.