Press "Enter" to skip to content

Perspektief: Februarie 2024

Dink na oor kerk en staat was Professor Fika Janse van Rensburg se onlangse skrywe in die media. “Ons grondwet het juis NIE daarvoor gekies dat ons regering ‘n spesifieke godsdiens voor staan nie. Die grondwet het ook NIE gekies om ongodsdienstig te wees nie. Pleks daarvan het ons land gekies dat die regering die pluraliteit van godsdiensvryheid erken, en dat godsdiensvryheid in ons land sal geld. Saam met die vryheid kom ook ‘n verantwoordelikheid. Hier is drie dinge wat ons moet doen…..” Die vraag: Is daar ‘n beter weg as pluralisme? Kan ons wegdoen met die gedagte van ‘n christelike staat? Wie sit agter die grondwet, wat is vryheid, en waar kom die staat se gesag vandaan? Gebruik elke gelowige sy grondwetlike vryheid om die evangelie publiek te verkondig? Wat is die staat se verantwoordelikheid teenoor die kerk en hoe verskil dit van Artikel 36 van Nederlandse geloofsbelydenis? Hoe behoort die kerk te preek en hoe moet die staat te regeer?

00:00 Perspektief: Februarie 2024
02:00 Dink na oor kerk en staat artikel
03:00 Kan die staat werklik neutraal weees?
08:35 “Verantwoordelikheid van vryheid” – wegdoen met christelike staat?
11:40 Grondwet, vryheid, en die mandaat van die staat
17:00 Artikel 36 van NGB – staat se gesag
19:10 Wat is die staat se verantwoordelikheid teenoor die kerk?
26:15 Is pluralisme neutraal en hoe behoort die staat te regeer?

Skrifverwysings:
1 Kor 1:18, Rom 13, 1 Kor 6, Art 36 van NGB

Aanbieders: Nikolaas Pienaar, Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.