Press "Enter" to skip to content

Bely teen die Bose

Die Apostoliese Geloofsbelydenis is ‘n maatstaf van die waarheid van die Gereformeerde Geloof, en het ontstaan in die 2de eeu, en verder ontwikkel totdat dit in die 4e eeu gefinaliseer is. Die doel was om die waarhede van die christelike geloof saam te vat en in opgesomde vorm publiek te bely. Dit word ook die Twaalf Artikels van die algemene, ongetwyfelde, Christelike geloof, of net Die Twaalf Artikels genoem.

Verfris jouself in die geloof met hierdie bemoedigende gesprek ter verdediging van die Christelike geloof tussen ‘n christen en die satan, genaamd “Bely teen die Bose”. Dit is gebaseer op die twaalf artikels van die Apostoliese Geloofsbelydenis.

In hierdie strydende dialoog beskaam en veroordeel satan die christen wat opstaan ​​in geestelike oorlogvoering, en op elke aanval van sy geloof in Christus getuig, maar steeds bly vas staan op die Woord van God. Mag jou hart opwel en bly wees in hierdie lewende, oorwinnende geloof in Christus.

Bely-teen-die-Bose

Stand up to your Christian Belief is oorspronklik geskryf deur Thomas Johnson (1640), maar vertaal en verwerk deur ds Nikolaas Pienaar van die Gereformeerde Kerk, Hermanus.

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.