Press "Enter" to skip to content

Die Tien Gebooie: Die Negende Gebod

“Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.” Eksodus 20:16. Wat word in die negende gebod gebied en verbied?  Is ons besig met kwaadstokery, laster, naamskending, skinder en venyn? Wat is die hart van die gebod, en hoe praat ons van ons naaste, oor ons naaste en met mekaar?  Wat is waarheid, en hoe handhaaf ons die waarheid in die samelewing?  Watter konsekwensies hou konfrontasies in vir onsself, of swyg ons uit vrees? Het ons nog ‘n liefde vir die waarheid, en beskerm ons nog die reputasie van ons naaste? 

00:00 Die Negende Gebod
01:45 HK Sondag 43 – leerstelling verbied en gebied
06:06 God is lief vir die waarheid
10:00 Vermy die leuen
14:00 Watter konsekwensies het konfrontasies op myself?
16:50 Wat is waarheid?
24:50 Beskerm jy jou naaste se eer?
29:50 Praktiese toepassings – woorde en indrukke
34:07 Verkondig die waarheid in liefde

Skrifverwysings:
HK Sondag 43, Rom 3:12-14, Spr 22:1, Eks 20:16, 1 Kor 13:3-6, Joh 14:6, Joh 1:12-14, 17, Joh 17:17-19, Sag 8:16, 1 Joh 2:1, Ef 2:20, Ef 4:21-29, Matt 18.

Aanbieders: Nikolaas Pienaar, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn en Jan-Louis Lee

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.