Press "Enter" to skip to content

Pastoraal: Werkolisme

Wat is jou werk vir jou werd? Is jou werk die middelpunt of die rede vir jou bestaan, of is dit iets waarmee jy God dien en ook daarvan kan rus in God? Wat dryf jou? Wat regeer jou lewe? Wat is die bybelse beginsels vir werk en waarin kan gelowiges rus?

00:00 Pastoraal: Werkolisme
03:00 Toets jouself – Wat as jy jou werk verloor?
05:00 Omstandighede of slawerny?
07:00 Wat is goeie werke?
11:20 Hoe lyk werkolisme?
17:50 Vertrou jy die Here?
20:00 Bybelse beginsels vir werk
23:00 Persepsie van werk
26:00 Rus en vertroue
30:30 Roeping
32:10 Dissipline en balans
33:20 Stel grense en beplan

Aanbieders: Jonker Venter, Marnix Boersema, Jaco de Beer, Nikolaas Pienaar





One Comment

  1. Liebie Engelbrecht Liebie Engelbrecht

    Goeienaand julle, baie dankie vir hierdie aflewering.
    Na aanleiding van my vorige vraag oor Sondag arbeid, net die volgende: hoe gemaak as jy as vrou basies die enigste broodwinner is en nie by die dinge kan uitkom soos in die verlede nie? Die poletiek met regstellende aksie het ons maar ‘n harde hou geslaan.
    Die druk op my is baie, baie groot, maar ek sien nie meer kans om nog Sondae ookte werk nie. Iewers moet ek my geestelike batterye herlaai, en dis net Sondae by die kerk. My werk is van so ‘n aard : no work, no pay. Geen verlof of af dae nie. Ek stel my eie limiete, en het al redelik erg kop gestamp oor hierdie Sondag ding, en ek gaan beslis nie langer my Sondae verder opoffer nie. Ons sal nou maar sien wat gaan môre gebeur. Dis ‘n saak wat ek nou vir die Here gegee het om te hanteer want ek kan nie self nie.
    Groete uit Hermanus
    Liebie.

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.