Press "Enter" to skip to content

Pastoraal: Drankmisbruik

Drankmisbruik het op alle vlakke van ons samelewing so aanvaarbaar geword dat dit selfs ook in ons kerke ingesluip het. Vrye gebruik van alkohol in ons huise, skole, by die werk en sosiaal is besig om Suid-Afrika letterlik en figuurlik te versuip. Ons land is een van die grootste verbruikers van alkohol ter wêreld, en dronkenskap is ‘n massiewe probleem. Alkohol is op sig self nie die probleem of die antwoord op ons lewenskwessies nie. Sonde en gebrokenheid is die werklike probleem. Jesus is die volkome verlossing en vervulling van die menslike hart, en die bybel roep ons op tot nugter denke om ons lewenskoers op aarde te hou. Ons kan God vertrou vir genesing, want Sy genade is vir ons genoeg.

00:00 Pastoraal: Drankmisbruik
02:50 Drankgebruik en drankmisbruik
09:40 Wat is die goeie en slegte gebruik van drank?
13:15 Alkohol veroorsaak probleme
16:15 Wat is die hoër grond?
19:00 Gemeenskap van die heiliges
23:20 Hoe help ons alkoholiste?
27:00 Die Here is getrou, Sy genade is genoeg
28:00 Moenie wegkruip nie en wees verantwoordbaar

Skrifverwysings
Gal 5, Jes 55, 1 Kor 8-10, Kol 2:10, 1 Joh 2:15, Rom 14:21, Rom 6, Jak.

Aanbieders:
Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn, Nikolaas Pienaar

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.