Press "Enter" to skip to content

Luisteraarsvraag: Hoekom gebeur slegte dinge met mense?

Hoekom gebeur slegte dinge met mense?  Waar kom sonde en dood vandaan?  Die mens het teen God gesondig in die tuin van Eden en dit oor homself gebring. Daarom ly die hele skepping saam met die mens onder die sondevloek. Ons kry egter meer genade as wat ons verdien. Die vraag is dus eintlik: hoekom doen God nog goed? Hoekom het Hy Jesus gestuur? Slegte dinge het verskeie redes: oordeel, dissipline, en om God se goeie wil uit te werk. As gelowiges kyk ons anders na pyn, leiding, swaarkry en dood, want slegte dinge gebeur in hierdie wêreld, maar hierdie wêreld is nie die einde nie. Slegte dinge rus gelowiges ook toe vir dieper bediening, groei in geloof en verhouding met God. Vir die gelowige is daar geen veroordeling meer nie, en ons deel reeds in God se seën, want die beste is nog op pad. Ons het ‘n hoop gesetel in Christus,  wie ons gered het vir ‘n ewigheid in Sy teenwoordigheid. 

00:00 Luisteraarsvraag: Hoekom gebeur slegte dinge met mense?
01:20 Ds Nicolaas Pienaar episode 1
02:20 Bybelteks – Romeine 8:28-39
04:40 Waar kom sonde en dood vandaan?
17:50 Hoekom gebeur slegte dinge dan?
20:00 Beskik God ons swaarkry?
23:12 Verskil in leiding vir die ongelowige en die gelowige
26:00 Makro en mikro uitkyk op leiding
27:00 Heiligmaking
30:00 Wanneer beleef ons die meeste groei?
32:00 Corrie ten Boom gedig

Skrifverwysings:
Rom 8:28-39, Matt 5:45, Gen 3, Nah 2, Jak 1, 1 Pet 1, Heb 12, Sondag 10 Heidelbergse Kategismus, 2 Kor 1:3-5, 1 Kor 4:8-10, Ps 119:25, Ef 1, Dordtse Leerreëls.

Aanbieders:
Nicolaas Pienaar, Jaco de Beer, Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.