Press "Enter" to skip to content

Gebed:  Laat U wil geskied

In hierdie sewende episode van Scriptura se gebedsreeks word die derde bede van die Onse Vader bespreek.  Wat beteken dit as ons bid “Laat U wil geskied”?  Waar soek ons die wil van God?  Moet ons onsself verloën om God se wil te vind?  Wat is die Bybelse begrip van ons roeping, en die roeping van die kerk binne die koninkryk van God?  Ons is gered om sout en lig te wees as individue en as die kerk. 

00:40   Gebed:  Laat U wil geskied
03:30   Bid vir krag om die self te verloën
07:48   En bid ook vir die kerk
09:40   Wat beteken dit om jou kruis op te neem?
11:53   Waar vind ons die wil van God?
13:18   Wat is my roeping en die roeping van die kerk? 
17:17   Ons is uitverkies en gered tot goeie werke   
23:16   Watter rol speel ek en die kerk teenoor die regering?
25:10   Onderskeid tussen staat/regering en kerk
27:34   Jesus Christus is ons voorbeeld en vryheid
29:40   Ons is lewende en heilige offers, welgevallig vir God

Skrifverwysings:
Matt 7:17-24, Heidelbergse Kategismes Sondag 49 vr en antw 124, Luk 9:23, 1 Kor 12, Ef 2, 1 Tim 2, Rom 12. 

Aanbieders:
Jaco de Beer, Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn

2 Comments

  1. Liebie Engelbrecht Liebie Engelbrecht

    Bsie dankir

  2. Bennie Aucamp Bennie Aucamp

    “Laat U wil geskied”.

    In alles het ons die perfekte voorbeeld van Christus wat God se wil volkome uitvoer en steeds uitvoer. Ons kan daarom met vrymoedigheid tot God in gebed nader op grond van Christus wat ons vooruitgegaan het en vir ons voorbidding doen.

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.