Press "Enter" to skip to content

Perspektief: September 2022

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Angus Buchan lei gebedsdae op verskillende plekke in Suid-Afrika, en duisende mense woon dit by.  Wat is die agtergrond en die motivering vir die byeenkomste?  Wat openbaar hierdie massa saamtrekke van Suid-Afrikaanse christene?  Daar word groot “profesieë” verkondig, sogenaamde tekens gesien en wonderwerke gedoen. Dit laat mense emosioneel opgesweep vir ‘n kort rukkie, maar is daar werklike bekering en ware dissipelskap?  Gaan die volgelinge van die beweging ook nou kerk toe, en word hulle diensbare lidmate van hul plaaslike gemeentes?  Wat is die teologie en die godsbeeld wat deur hierdie prediker geleer word, en is dit die bybel se waarheid?

00:00  Perspektief:  September  2022 – Angus Buchan gebedsdae
03:15  Wat is die agtergrond en motivering van die beweging? 
06:14  Wat openbaar die gebedsdag bewegings van Suid-Afrikaanse christenskap?
12:35  Waar is die werklike bekeerlinge, dissipels en kerklidmate?  
18:20  “Word of faith” of Heilige Gees?  
20:40  Herlewing en profesieë …. oënskynlik of waar?
22:17  Wat is dan die godsbeeld wat geleer word?
23:24  Misbruik van God?

Skrifverwysings:
Luk 8:5-8,  2 Kor 5:7, Mat 23:13-36

Aanbieders:  Marnix Boersema, Jan-Louis Lee, Jonker Venter, Jaco de Beer 

One Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.