Press "Enter" to skip to content

Gebed: Ons Vader wat in die hemel is

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

“Ons Vader” verwys na ‘n persoonlike verhouding met God, maar ook na ‘n Vader van ‘n geloofsfamilie. God is die liefdevolle Vader van Sy geliefde verbondsvolk. Ons Vader God wil vir gelowiges binne Sy verbondgemeenskap sorg en voorsien soos ‘n vader aan sy geliefde kinders. As gelowige verbondskinders van God mag ons na Hom uitroep as ons hemelse Vader. In gebed praat Christene dus met die almagtige God, en Hy is in die hemel, omdat Hy ‘n hoër krag is. Die christelike geloof is uniek in hierdie sin dat Christene die enigste lewende God aanbid, en ons met ‘n lewende verhouding met Hom begenadig en geseën word.

00:00 Gebed 4: Sondag 46 Ons Vader wat in die hemel is
05:00 Hoekom “ons Vader”? Sondag 46
13:00 Word die verbond misken?
15:42 Gesamentlike gebed van die gemeente
22:06 Wat beteken “wat in die hemel is”?
26:15 Panteïsme en panenteïsme
31:50 Die Psalms is ‘n gebedeboek
34:19 Is “ons Vader wat in die hemel is” ‘n opdrag?
37:10 Opdrag om te bid en onderrig in gebed
39:25 Vaderhart van God
41:15 Alles kom gelowiges toe deur Christus Jesus

Skrifverwysings:
Matt 6:25-34, Heidelbergse Kategismus Sondag 46 (Vraag en antwoord 121), Sondag 10, Gen 22, Ef 3, 1 Pet 2, Ps 22, Ps 121:1, Ps 10, Ps 61, Fil 3, Luk 11, Heb 4.

Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Jaco de Beer, Marnix Boersema, Jan-Louis Lee



Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.