Press "Enter" to skip to content

Gebed: Inleiding tot die Onse Vader

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Wie is die god tot wie ons bid? Is ons gebede veronderstel om op ons gevoel te rus, en wat het ons skrifstudie met ons gebede te doen? Gebed kom nie natuurlik vir die mens nie. Daarom is die vraag: hoe lyk die model gebed? Die derde episode van Scriptura se gebedsreeks kyk na die inleiding tot die Onse Vader deur middel van die Heidelbergse Kategismus. Jesus het self baie gebid, hoeveel te meer nie ons nie? Jesus se dissipels het Hom gevra om hulle te leer bid, en dan antwoord Hy met die Onse Vader gebed in Lukas 11 wat die beste model van gebed is, omdat dit op aanbidding fokus en God korrek aanspreek en op Sy regmatige plek as God plaas. Die Onse Vader som op wat ons moet sê en vra. Ons kry ‘n vaste troos dat God sal hoor en verhoor ter wille van Christus.

00:00 Gebed: Inleiding tot die Onse Vader
01:25 Model gebed – Die Onse Vader
02:10 Basis vir gebed HBK Sondag 45-52
07:28 Hoe lyk die model gebed?
10:55 Hoe affekteer ‘n gebrek aan bybellees ons gebede?
13:50 Wie is ons oplossing en uitkoms?
18:00 Wat is dit wat ons moet bid?
19:20 Is gebed ‘n inkopielys?
21:30 Waarom moet ek bid as God tog weet wat ek nodig het?

Skrifverwysings:
Heidelbergse Kategismus Sondag 45-52, Luk 11, HBK vr en ant 117 en 118, Hand 17, Matt 6, Jak 1, Ps 100, Fil 4:6, Heb 10:19-25.

Aanbieders: Jan-Louis Lee en Gerhard van Rhyn

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.