Press "Enter" to skip to content

Die Erediens: Wat is ‘n erediens?

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Die erediens is al in die Ou Testament ingestel as die heilige vergadering van God waarin Hy sy kinders oproep om Hom te aanbid.  Dit is die weeklikse vergadering van God met Sy kinders om gesamentlik op ‘n Sondag te ontmoet om die Woord te hoor en so deur Hom geseën te word met Sy teenwoordigheid, Sy woord en Sy rus.  Die erediens is ook die plek waar gelowiges herinner word aan die wet van God, en gee ons die bevestiging van Christus se genadige verlossing van ons sonde.  Die aanbidding van ons God vind plaas soos die skrif dit bepaal, onder die ordelike leiding van die kerk se offisiële ampdraers, en bevat altyd die suiwer prediking van die Woord.  Die erediens is God se geskenk aan gelowiges, omdat dit ons geestelik voed en die seëning van ‘n geloofsgemeenskap as ondersteuning bied.

00:00 Die Erediens reeks: Wat is ‘n erediens?
02:20 Oorsig uit Ou Testament
14:30 Oorsig uit Nuwe Testament
24:57 Wat is die fokus van die erediens?
33:20 Wat is die doel van die erediens?
35:26 Vir wie is die erediens?
37:10 Waarom beveel die Here dit?
39:54 Hoekom op ‘n Sondag?
44:49 Bepaal my lus my kerkbywoning?
50:51 Virtuele erediens is ‘n skynwerklikheid

Skrifverwysings:
1 Kor 14:23, Hand 2:42, 47, Hand 7:38, Nehemia 8, Jes 6, Open 4, 5, Psalm 24, 1 Johannes, Hand 17, Joh 15

Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.