Press "Enter" to skip to content

Perspektief: Februarie 2022

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Scriptura bekyk die afgelope maand se nuusgebeure vanuit die lig van die Skrif, en bespreek derhalwe twee brandpunte wat baie ernstige gevolge vir ons land inhou, asook baie groot angs vir die hele wêreld meebring. Rusland toon baie duidelike magsvergryp, en val nou die Oekraïne aan. Daar woed al jare lank ‘n fete tussen die twee lande, en dit is nou op ‘n spits gedryf. Ons weet daar is duisende christene in beide daardie lande wat nou dringende gebed en hulp benodig.

En dan kyk ons na die Lewensoriëntering-sillabus wat Omvattende Seksopvoeding in laerskole bevorder. Dit is ‘n werklike bedreiging vir die gesin soos God dit ontwerp het, en grootskaalse ondermyning van die opvoeding van ouers wat hul kinders in die vrees van die Here wil grootmaak. Dit is die poging van die staat om ons kinders van allerlei perverse denke en goddelose seksuele praktyke te leer, en dus seksuele losbandigheid te normaliseer.

02:37 Oorlog – Rusland en Oekraïne
05:42 Christelike perspektief op oorlog – evangeliseer, bid en bemoedig
08:40 Drie hoof denkrigtings
17:35 Gebed staan kardinaal

25:45 Omvattende seksopvoeding in skole (CSE)
32:00 Wie moet kinders primêr opvoed?
44:48 Raak betrokke – beskerm jou kind
47:45 Semper Reformanda – ons reformeer aanhoudend

Skrifverwysings:
Psalm 146 beryming – moet op prinse nie vertrou nie…
Matt 24, Luk 22, Johannes 8, Rom 13, 1 Tim 2:2

Youtube skakel na onderhoud met Phillip Rosenthal oor Omvattende Seksopvoeding in skole: https://youtu.be/5WBjFEqldBU

Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Jonker Venter, Gerhard van Rhyn

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.