Press "Enter" to skip to content

Dissipelskap: Toerusting en Praktyk

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Jesus Christus het vir sy eie dissipels die opdrag gegee in Mattheus 28:19, en gesê: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Elke christen is ‘n dissipel, en het ‘n belangrike taak om dissipels te maak. Daar is net een Redder en daar is net een Hoop: ons het die besondere opdrag van God ontvang om die liefde van Christus met almal om ons te deel, en so kan hulle ook tot geloof kom en gered word. Daarom is die kerk ook deur Christus daargestel om elke kind van God te leer en te lei, en deur die Woord op te bou in geloof tot geestelike volwassenheid; ‘n proses van dissipelskap onder goddelike leiers.

03:50 Alle christene is dissipels
07:24 Kerkraad moet God se gesag bedien
10:32 Leer ander mense om Jesus te volg
13:30 Volg jy Hom?
16:00 Mentorskap
27:08 Bybelse begeleiding teenoor dieselfde geslag
35:40 Sentrale missie – gehoorsaamheid aan Christus
41:00 Belê tyd in mense – wend tegnologie wys aan

Skrifverwysings:
Matteus 28, 1 Petrus 5, 1 Timoteus 3

Aanbieders: Jonker Venter en Marnix Boersema

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.