Press "Enter" to skip to content

Luisteraarsvraag: Hoe is gelowiges in die Ou Testament gered?

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Was gelowiges van die ou testament ook gered? Kon hulle ook die hemel sien? Wat en waar is die hel en die hemel in die ou en nuwe testament, en is hulle almal dieselfde? Maar steeds meer belangrik: waar gaan gelowiges as hulle sterf, en waar is Jesus nou? “Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob….” Mattheus 22:32. Alle gelowiges van alle tye word slegs geregverdig deur die geloof in Jesus Christus alleen.

02:10 Kon gelowiges hemel toe gaan voor Christus se kruisiging?
09:18 Hoe interpreteer en verstaan ons die teks in Lukas 16:19-31?
15:39 Gelowiges van alle tye is/word deur Christus gered
20:40 Hoe het ou testamentiese mense hul redding gesien?
22:00 Waarheen gaan ongelowiges na afsterwe?
40:08 Sentrale gereformeerde beleidenis – verheerlikte liggame met die wederkoms
44:00 God se beloftes staan vas vir Sy volk

Skrifverwysings:  
Lukas 16:19-31 & Lukas 23:43, Handelinge 4:12, Hebreërs 11, Johannes 11, Markus 12:26-27, Openbaring 8/13, 1 Korintiërs 15, Psalm 116:15, 2 Korintiërs 5:8, 1 Tessalonisense 4:13, Openbaring 21, Genesis 3:15, Matt 22:32.

Verwante artikels en episodes:
Verlossing deur genade alleen: Algehele Verdorwenheid
Wat is die Evangelie?
Luisteraarsvrae: Die lewe na die dood, engele, gerubs en serafs
Die sonde tot die dood

Aanbieders: Jaco de Beer, Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn, Jonker Venter

One Comment

  1. Nico Nico

    Ek hoor ‘n element van dispensasie leer in die vraag. In dispensasie kringe word daar ingewikkelde prente geteken uit dié gelykenis. Hulle staan ook sterk daarop dat dié gedeelte nie ‘n gelykenis is nie tsv Mat 13:34 wat sê dat Jesus altyd met die skares dmv gelykenisse gepraat het.

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.