Press "Enter" to skip to content

Luisteraarsvrae: Hoe beskerm ek my kind teen pornografie?

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Pornografie is die sonde van ons tyd waaroor niemand praat nie. In hierdie episode hanteer Jonker Venter en Marnix Boersema ‘n baie ongemaklike kwessie naamlik pornografie of onsedelikheid. Porneia is die breë term in die Bybel wat alle seksuele onsedelikheid, met ander woorde onbybelse, onreine en onvanpaste seksuele gedrag, as sonde uitwys. Pornografie en onsedelikheid floreer in die geheim, en dit verwelk as dit oopgemaak en belei word. Die evangelie is die beginpunt.

00:00 Hoe beskerm ek my kind/tiener teen pornografie?
03:20 Waar begin ‘n mens? Romeine 1 verwys na die mense se sondige hart.
12:33 Rig jou kind af, wees self die mentor. 1 Kor 6:18 Leer dat pornografie sonde is.
17:24 Moedig openlike gesprekke en sondebeleidenis aan.
18:00 Praat met kinders oor seksualiteit en onsedelikheid.
19:31 Die evangelie bring bevryding van alle sonde, maar daar moet bekering kom.
22:01 Deel van ‘n ouer se taak is om godsvrees vir sy kinders te leer.
23:12 Leer die ernstige gevolge van porneia/hoerery.
25:46 Praktiese dissiplines: Spreek die hart aan, beperk toegang tot die internet dmv internetfilters, monitor selfoon gebruik, leer wat die Bybel sê oor seks en die huwelik, modelleer gesonde verhoudings
31:54 Help jou kind om nie in die sonde van onsedelikheid te verdwaal en daardeur verwoes te word nie. (Spreuke 5)
33:05 Stry teen die sonde en die vlees.

2 Comments

  1. Louis Louis

    Beste Jonker en Marnix
    Baie dankie vir die aanroer van ‘n gevoelige onderwerp. Julle noem pornografie die sonde waaroor niemand praat nie. Dit is nie moeilik om in te sien waarom dit so is nie. Die seksuele, soos dit bestem is om te wees, is iets heiligs en onbesoedel. Dit is intiem. Sedert die sondeval is ons skaam om kaal voor die wêreld te staan. Iets daarvan is te siene in die manier waarop die mens, selfs na die seksuele revolusie, daarvan wegskram om oor die seksuele te praat. Dit is selde die onderwerp van gesprek in die normale gang van sake. Dit mag die onderwerp van banale gesprekke tussen besopenes wees, maar ook daardie gesprekke is moontlik omdat dit nie naby aan die eie, die intieme, die opregte, die kwesbare, die spesiale kom nie. Hoe minder opreg en intiem, hoe meer geneig is die mens om dit te deel. Aan die ander kant kan dit vir ’n sielkundige of berader baie lank neem om die mate van vertroue by ’n persoon te wen om oor ware intimiteit te gesels. Dus, hoe openliker, hoe banaler; hoe heiliger, hoe gesloter. En daarin lê die groot kwesbaarheid van kinders.
    Kinders is nuuskierig. Nuuskierig om te weet wat volwassenes versluier. En soos die hormone begin ontwaak, wonder kinders ook wat ander met hul stiltes en in hul donkertes aanvang. As hulle hieroor self in die donkerte en stilte uitvind, gaan dit wat hulle daar ‘leer’ hul idee van normaliteit bepaal. Daar gaan hulle niks van intimiteit en wat ten nouste daarmee saamhang, kwesbaarheid, leer nie. Dit is daar waar die kind, in die woorde van Spreuke 5, gaan verdwaal. Selfs kindermisbruikers weet hoe effektief pornografie is om kinders se konsep van seksualiteit vas te lê, en gebruik dit dikwels om kinders te ‘groom’. Die gevolge is tragies en langdurend.
    Die onderwerp is inderdaad groot en belangrik. Laat die lig die duisternis verdryf.

    • Dankie Louis, ek dink jy vat dit goed raak. As ons nie vanuit die Woord onderrig gee nie, word die wêreld die Pedagoog.

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.