Press "Enter" to skip to content

Ampte: Die Amp van Ouderling

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

As God ‘n man roep om ‘n ouderling te wees, sal Hy hom ook toerus om die werk te doen. Die roeping van die ouderling sal hom dryf om soos ‘n herder sy lewe af te lê vir die skape (Johannes 10:11). Ouderlinge is voorbeelde vir die kudde, en ons lees in 1 Petrus 5 hoe die opsiener/ouderling se hart moet lyk en hoe hy die kerk as kudde behoort te dien. Ouderlinge moet die waarheid verdedig (Handelinge 20:27), en ‘n ouderling se wapen is die woord (2 Timoteus 3:16-17). In die lig van 1 Timoteus 3:1-7 is ‘n ouderling ‘n christenman met ‘n karakter bo verdenking, en hy staan in diens van en onder die leiding van die Heilige Gees (Handelinge 1:8). Die werk van die ouderling is ‘n uiters verantwoordelike taak, en moet geensins ligtelik opgeneem word nie. “My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word” (Jakobus 3:1).

00:00 Ampte reeks: Amp van Ouderling
02:08 Wanneer is die eerste ouderlinge aangestel?
14:22 Kwalifikasies van ‘n ware opsiener/ouderling.
22:55 Karakter van ‘n ouderling (1 Timoteus 3)
36:00 Take van die ouderling: herder, leraar, prediker.
51:13 Kerke moet die aanstel van ouderlinge baie ernstig opneem.

Aanbieders: Marnix Boersema, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer.

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.