Press "Enter" to skip to content

Author: Gerhard van Rhyn

Gerhard is tans predikant by die Gereformeerde Kerk Komatipoort

Onderwerp jou aan die regering (Rom 13)

In 1 Timoteus 2:1-3 staan daar: “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid. So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser.”

Verkondig altyd die Evangelie en gebruik woorde as dit nodig is?!

Om te sê: “Verkondig altyd die Evangelie en gebruik woorde as dit nodig is”, is soos om te sê: “Voer die honger mense en gebruik kos as die nodig is”. Jy kan nie die Evangelie sonder woorde verkondig nie. Daarom mag ons as gelowiges nie met toe monde deur die lewe gaan nie. As ons nie vir mense gaan vertel van Jesus Christus nie, gaan hulle nie die Evangelie hoor nie. Al lewe ons hoe goed.

Moet ons iets of iemand salf?

MOET EK IETS OF IEMAND SALF?   Wat en waarom was daar salwing in die Ou Testament?    Wie het Jesus gesalf, en deel christene in Sy salwing?    Wanneer word ons met die Heilige Gees gesalf?    Wat beteken salwing?   Trek salwing jou aandag van die ware evangelie af en plaas dit op jou eie geloofswerke (bygelowe)?    Wees gerus gelowige, want as jy gered is, hoef jy nooit weer vir enige rede gesalf te word nie.

01:55   Wie, wat en waarom van Ou Testament salwing
03:09   God het 3 dinge gewys voor salwing
06:40   God salf christene met Sy Gees
07:50   Konteks van salwing in Jakobus 5:14
10:30   Is dit nou nog nodig om gesalf te word, of ander te salf?
11:15   Dwaal ons in voorspoedgodsdiens?
13:15   Verwerp ‘n “jesus-plus” afgodsdiens

Skrifverwysings:
Hand 10:38, Matt 3:13-17, 1 Joh 2:27, Jak 5:14.

Aanbieder: Gerhard van Rhyn