Press "Enter" to skip to content

Wat sê die Vers? Markus 16:16

Markus 16:16 (1953 vertaling):  “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”   En die 2020 vertaling lees: “Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal verlos word; maar wie nie tot geloof gekom het nie, sal veroordeel word.” Is mens gered omdat jy gedoop is, of moet jy gedoop word, voordat jy gered kan word?  Wat is die bekeringsdoop en staaf hierdie teks dit werklik?  Wat leer die gereformeerde leer oor die kinderdoop, en vir wie is die sakrament gegee?  Hoekom doop ons kinders as geloof ‘n vereiste tot redding is?  Wie beseël die doop?  Word ons geregverdig deur die doop, of deur geloof?

00:00 Wat sê die Vers? Markus 16:16
12:36 Wat is duidelik uit die teks?
17:15 Wat is die konteks?
23:00 Progressiewe openbaring – ontwikkeling van formele godsdiens
27:10 Wat is die verhouding tussen geloof, die doop en bekering?
30:28 Kinderdoop – eksterne teken of getuienis van interne genade
33:08 Belofte van die verbond

Skrifverwysings:
Mark 16:8-20, Matt 28:18, Rom 12, 1 Pet, Gal 3, Rom 10, Ef 2, Hand 2.

Aanbieders:
Jonker Venter, Marnix Boersema

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.