Press "Enter" to skip to content

Wat sê die Vers? Jeremia 29:11

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Wat het Jeremia 29:11 werklik vir Israel beteken in daardie tyd en in hulle konteks en situasie? Die teks kan nie op sy eie gelees word nie, en word vandag dikwels buite konteks misbruik vir eie gewin. Die ware boodskap lê in die konteks en raamwerk van die hele boek. Israel se toekomstige welvaart het nie betrekking op ons eie persoonlike rykdom of welvaart van vandag nie. Die teks mag nie misbruik word as ‘n soort “voorspelling” dat God ons net altyd materialisties gaan seën nie, want God heers soewerein oor ons swaarkry ook.

00:00 Wat sê die vers? Jeremia 29:3
04:04 Twee misbruike: versie hermeneutiek en voorspoedsteologie (Prosperity light)
06:55 Wat is voorspoedsteologie? (name it and claim it)
10:33 Misbruik van die teks mag geloofsvertwyfeling meebring
11:49 Konteks van Jeremia 29:11
19:24 God heers soewerein oor ons swaarkry
24:14 Beeld van die twee stede: stad van ballingskap, en stad van God wat nog kom
30:57 Ons kan vasgryp aan die beloftes van God

Skrifverwysings:
Jes 42-43, Jer 29-30, Joh 17

Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Jaco de Beer, Marnix Boersema



Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.