Press "Enter" to skip to content

Wat sê die vers? Mattheus 18:20

Scriptura se nuwe reeks handel oor skrifgedeeltes of Bybeltekste wat verkeerdelik en/of buite die ware konteks aangehaal, misbruik of verstaan word. Die eerste episode fokus op die presiese betekenis en doel van Mattheus 18:20, en verduidelik dat dit eintlik oor kerklike tug gaan, en NIE oor die saamwees van gelowiges om God se teenwoordigheid te verseker nie.

Aanbieders:  Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn

00:00  Wat sê die Vers 1:  Mattheus 18:20

00:39  Nuwe reeks

03:47  Mattheus 18:20 …want waar twee of drie in My naam byeen is, daar is Ek in hulle midde.

04:20  Wat is die algemene begrip oor die vers?

11:00  Christene wat in die algemeen byeen kom, is nie dieselfde as erediens nie.

11:35  Wat is die konteks?

12:38  Konteks lê in vers 15-20  (2020 Vertaling)

13:42  Kerklike tug en kerkdissipline is die ware tema

16:42  Vers 15-17 gee agtergrond van kerklike tug

22:07  As 2 of 3 ouderlinge saamstem oor ‘n tugsaak en ‘n besluit neem, is dit bindend

24:33  Daaglikse lewe is nie gelykstaande aan erediens nie

25:19  Ps 121 Pelgrimslied – die Here is altyd by ons

26:34  Ons word opgeroep na die erediens in Ps 122:1  “Kom ons gaan na die huis van die Here….”

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.