Press "Enter" to skip to content

Fees-episode: Sola Scriptura

Radio Scriptura is twee jaar oud! Om dit te vier, het ons besluit om hierdie spesiale fees-episode uit te reik.

Vandag wil ons as’t ware terugkeer na die bron.  Ons wil vandag lekker ruim gesels oor die Woord van God. Veral in die lig van die wekroep van die Reformasie: “Sola Scriptura”. Alleen die Heilige Skrif.

  1. Waar kom die naam “Scriptura” vandaan, hoe het dit ontstaan? 07”30
  2. “Sola Scriptura” in die Reformasie. 08”54
  3. Kan ons die Here se stem op ‘n ander manier hoor as in die Woord? 17”40
  4. Die onfeilbaarheid van die Skrif. 23”35
  5. Die Here bewaar self sy Woord. 32”00
  6. Hoe verklaar ons moeiliker gedeeltes in die Skrif? 33”45

 

Hierdie episode van Scriptura is in ‘n sekere sin vir ons ‘n baie spesiale episode.  Op 25 Augustus 2017 het daar vir die eerste keer ‘n episode van Radio Scriptura uitgegaan.

Daar het by ons ‘n gedagte ontstaan om gereformeerde inhoud maklik beskikbaar te stel in ‘n formaat wat al hoe groter begin raak en meer populariteit begin kry het, ook binne die Suid-Afrikaanse konteks en daarom het Radio Scriptura die lig gesien.

Ek kan nog onthou hoe primitief ons eerste episodes geklink het, en as ons vandag nou terugluister na hoe ons geklink het en hoe die kwaliteit was, kan ‘n mens amper nie glo dat twee jaar verloop het nie.

Ons het met hierdie potsending ‘n basiese doelstelling, en dit is om die lig van die Woord te laat val op ons daaglikse handel en wandel.  2 Timoteus 3:16-17 is die basis van ons bediening:

  • ons wil leer, weerlê, reg wys en onderrig – en in twee jaar se tyd het ons al ‘n mag der menigte episodes opgeneem.

Manne, kom ons spandeer so twee sekondes daaraan – synde dit ons verjaarsdag is – watter episode was tot dusver vir jou die lekkerste? Of wat sou jy as die lekkerste deel van hierdie twee jaar se reis beskou?

Maar al hierdie dinge berus op die feit dat ons die Skrif omarm.  Ja, luisteraar – as jy Scriptura op sosiale media volg, as jy ons artikels lees en as jy week in en week uit na hierdie episodes luister, dan sal dit vir jou nie nuus wees nie: ons fondament is die onfeilbare Woord van God, en daarop bou ons ons lewens.  Daarop rig ons ons leer en lewe.

Vandag wil ons as’t ware terugkeer na die bron.  Ons wil vandag lekker ruim gesels oor die Woord van God.  Sola Scriptura.  Alleen die Heilige Skrif.

Is daar ‘n neiging dat die Woord van God minder aandag geniet, en mense se persoonlike ontmoeting met die Here meer beteken vandag?

Ons glo en bely onomwonde dat daar geen ontmoeting met die Here moontlik is, buite die Skrif nie.  Dit is in die Skrif wat God Hom openbaar, en vir ons alles gee wat ons moet weet, om Hom ten volle te ken en te eer – wat ons hoogste doel is.

Selfs die algemene openbaring – die natuur en geskiedenis – LEI na die Woord, gaan lees gerus Romeine 1 en Psalm 19.

Ons wil daarmee saam vandag ‘n paar beginsels rondom die Skrif bespreek, wat vir jou handvatsels vorentoe gee as jy met jou eie Bybellees besig is, of as jy na preke luister, of as jy godsdienstige inhoud op watter platform ook al aantref.

BELANGRIK: DIT IS IN DIE SKRIF SELF WAT ONS DIE BEGINSELS VIND OM DIE SKRIF TE VERSTAAN.

Manne, kom ons val weg en bespreek die

SCRIPTURA KOM VAN ‘SOLA SCRIPTURA’ – TYD VAN DIE REFORMASIE

SKRIFGESAG – PROBLEEM TYDENS DIE REFORMASIE.

SOLA SCRIPTURA – SLEGS DIE SKRIF KAN ONS GEWETENS BIND

ENIGSTE OPENBARING?

OORSPRONG VAN DIE SKRIF – GOD GEASEM – NGB ART 3

ONFEILBAAR

FOUTLOOS

GESAGVOL

DEURSIGTIG

GENOEGSAAM

VOLKOME

 

HOE VERKLAAR ONS DIE SKRIF?

Die Skrif moet met die Skrif self  vergelyk word. Waar iets in een deel van die Bybel vir ons onduidelik is, moet ons dit lees in lyn met ander gedeeltes wat duideliker oor daardie bepaalde saak is. Dus: in die lig van dit wat duideliker is, verklaar ons dit wat minder duidelik is . Nie andersom nie.

  • Daar is ‘n wye verskeidenheid van genres in die Bybel (geskiedskrywing, briewe, psalms, apokalipties, ens. ). Die Woord moet gelees word met in agneming van hierdie genres waarin dit gegiet is, maar ook binne die breër boodskap van die Bybel.
  • Omdat die Bybel ‘n samehangende eenheid vorm en nie ‘n versameling losstaande gedagtes is nie, mag geen teks los van sy engere en breër konteks gelees word nie. Engere konteks beteken dit wat die betrokke gedeelte voorafgaan en daarop volg. Breër konteks: Met inagneming van die groter, ontvouende openbaringshistoriese lyne van die hele Bybel.

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.