Marnix Boersema, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer gesels saam oor geestelike oorlogvoering. Daar is gewoonlik twee oordrewe begrippe van hierdie tipe oorlogvoering. Mense maak…
Category: Weerlegging
(Grieks: elegmon). Hier vind jy apologetiese stof. Dit beteken, enigiets wat dwaalleer, valse profete, valse leringe ens. aanraak, sal onder hierdie kategorie gelys word. Weerlegging verwys na die daadwerklike uitwys en regwys van verkeerde leerstellings en/of sondige leefstyle.

In hierdie episode gesels ek met prof. Flip Buys oor Gereformeerde Demonologie. Vrae wat beantwoord word is onder andere:
Is dit enigsins nodig om iets oor Satan te wil leer?
Kan ‘n gelowige deur ‘n demoon “in besit geneem word”?
Hoe hanteer ‘n mens gelowig-Bybels ‘n manifestasie?
Moet ons demone bind en uitdryf?
Kan die duiwel ons gedagtes lees?
Ek geniet Jo se musiek. Ek geniet die manier waarop hy die storie vertel, maar ek geniet nie die teologie agter sy boodskap nie. Die boodskap van Black se video is vir my kommerwekkend, want dit wat ‘n mens daar hoor, hoor ‘n mens al hoe meer onder Christene in Suid-Afrika.
Kom ek probeer verduidelik, deur te wys wat die vyf klippies in die slingervel van swak teologie kan wees.

Hoeveel mens-rasse is daar? Tien…honderd…duisende? Of is ons almal een ras? Pieter le Roux van CMI (www.creation.com) verduidelik waar kom al die mense rasse vandaan en hoekom die Here Eva uit Adam se ribbebeen gemaak het.
“…Daar word so baie verwys en gepraat van “ek voel aan in die geestesrealm dat hier groot veranderinge plaas vind in ons land”. Wat is die geestesrealm? Hierdie is werklikwaar iets wat ek as GROOT SONDE sien. Word hier nie met vuur gespeel nie?…” (annoniem)
Iemand wie se daaglikse lewe nie getuig van Christenskap nie, se geloof word onmiddelik deur ander (met goeie rede) bevraagteken. Gelowiges moet “vrugte dra wat by die bekering pas” (Matt. 3:8).
Iemand sê bv. “in Jesus naam, spreek ek lewe oor jou, sodat jy gou gesond sal word” of “ek spreek lewe uit oor jou huwelik” ensovoorts. Hoe moet ek reageer wanneer iemand dit vir my sê of oor my uitspreek?
Is die vrae rondom die skepping belangrik? Moet ons nie net “fokus op Jesus” nie? Hierdie episode wys hoe dit noodsaaklik is om Genesis as waar te aanvaar. Die hele Evangelie verkrummel, as ons nie Genesis glo nie!




