In hierdie episode gesels ons oor die gevaarlike dwaalleer van die Israelvisie. Hierdie beweging beklemtoon veral die verlossing van sekere rasse. Dit is daarom baie aanloklik vir mense wat lief is vir hulle eie volk en taal.
Category: Weerlegging
(Grieks: elegmon). Hier vind jy apologetiese stof. Dit beteken, enigiets wat dwaalleer, valse profete, valse leringe ens. aanraak, sal onder hierdie kategorie gelys word. Weerlegging verwys na die daadwerklike uitwys en regwys van verkeerde leerstellings en/of sondige leefstyle.
In hierdie episode beantwoord ons ‘n luisteraar se vraag rondom Lectio Divina. Wat is Lectio Divina? Is dit Bybels? En is dit iets wat ons…
Hierdie is die opvolg episode oor die New Apostolic Reformation (NAR). Ons kyk na die kenmerke daarvan, hoekom dit verkeerd is en hoe om dit te identifiseer.
In hierdie episode gesels ons oor die New Apostolic Reformation (NAR). Is hierdie beweging nuut? Is dit Apostolies? Is dit ‘n Reformasie?
Ons kyk ook in watter mate dit in Suid-Afrika voorkom en deel gedagtes oor die onlangse “It’s Time” geleentheid van oom Angus.
In hierdie episode gesels ons oor die New Age beweging, wat eintlik al ‘n ou dwaalleer is, hoe dit in Suid-Afrika voorkom en hoe ons as Christene daaroor dink en daarop moet reageer.
Dalk het jy al ‘n Jehovah se Getuie ontmoet, of hulle het by jou deur aangeklop. Dalk het jy gewonder hoe om die Evangelie aan hulle te bedien, maar hoe? Ons gesels in hierdie episode kortliks oor dit wat die sg. Jehova Getuies glo en hulle geskiedenis. Dan gee ons spesifiek riglyne oor gesprekke met hulle oor ons verlossing, die plek en doel van ons goeie werke, die wederkoms, die 144, 000 en die wêreld hierna.
Die Sondag is God se verbondsteken, wat die gelowiges as ‘n feesdag onderhou, deur saam te rus in die verlossingswerk van Christus.
Ons gesels saam oor die misverstand onder baie mense dat niemand hoegenaamd mag oordeel nie. Is dit so? Ons argument is juis dat die Skrif…






