Die Duiwel is “God se duiwel”. Ek bedoel daarmee dat hy niks kan doen, as God hom nie toelaat nie.
Category: Weerlegging
(Grieks: elegmon). Hier vind jy apologetiese stof. Dit beteken, enigiets wat dwaalleer, valse profete, valse leringe ens. aanraak, sal onder hierdie kategorie gelys word. Weerlegging verwys na die daadwerklike uitwys en regwys van verkeerde leerstellings en/of sondige leefstyle.
“Wie is jy om te oordeel!?” Hierdie is tipies kommentaar wat ‘n mens sal kry op “godsdienstige” artikels of uitsprake. Wanneer iemand byvoorbeeld ‘n uitspraak lewer oor ‘n uitlating van ‘n predikant, of wanneer iemand “godsdienstige” kommentaar in die publiek (soos koerante, sosiale media) lewer.
Onthou: “…elkeen se werke sal aan die lig kom” (1 Korintiërs 3:13).

In hierdie twee episodes gesels ons oor die Kerk en kerkwees. Wat is die Kerk? moet ek deel wees van ‘n kerk? Wat moet ek daar doen?

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
‘n Vraag wat soms te min aandag verdien is: “wie is my naaste nou eintlik?” Ek moet immers, as Christen my naaste liefhê! In hierdie episode kyk ons na Lukas 10 vir drie belangrike rigtingwysers om hierdie vraag te beantwoord:
(1) Luk. 10:29| Maar hy wou homself regverdig
(2) Luk. 10:36| Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?
(3) Luk. 10:37| En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.
Wie is my naaste? Ons moet eerder vra: vir wie is ek ‘n naaste?
(1) Kenmerke van die Messiaanse Jode (Hebrew Roots) – hoe ken ek iemand uit wat deur die beweging beïnvloed is?
(2) Wat is die ideologie – wat glo hulle? Wat is die kern waaroor HR gaan?
(3) Die Bybel en die HR beweging
(4) Hoe benader ons iemand in die HR beweging? Hoe reageer ons en hoe help ons hulle?
Al ooit gehoor hoe iemand sê: “spreek net die goeie oor jou uit!” ? Al gehoor van iemand wat sê ons moet nie “dood” spreek nie, maar “lewe”? Ons dink en gesels saam hieroor, rondom die Skrif.



