Die Sondag is God se verbondsteken, wat die gelowiges as ‘n feesdag onderhou, deur saam te rus in die verlossingswerk van Christus.
Category: Onderwysing
(Grieks: paideian). Hierdie is die “onderwysing in die geregtigheid” waarvan Paulus praat. Lering, weerlegging en teregwysing is alles vooraf en tydens hierdie onderwysing nodig. Dit is deel van hierdie paideian. Hierdie kategorie bestaan uit daardie tipe lees- en luisterstof wat gerig is op ons heiligmaking en Christelike lewe. Die Skrif is hiervoor voldoende, sodat ons volkome toegerus kan wees vir elke goeie werk.
Luister hierdie 3 minute episode vir ‘n verduideliking van die woord “dissipel”, hoe dit verskil van “apostel” en wat dissipelskap beteken.
Om te sê: “Verkondig altyd die Evangelie en gebruik woorde as dit nodig is”, is soos om te sê: “Voer die honger mense en gebruik kos as die nodig is”. Jy kan nie die Evangelie sonder woorde verkondig nie. Daarom mag ons as gelowiges nie met toe monde deur die lewe gaan nie. As ons nie vir mense gaan vertel van Jesus Christus nie, gaan hulle nie die Evangelie hoor nie. Al lewe ons hoe goed.
Marnix Boersema, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer gesels saam oor geestelike oorlogvoering. Daar is gewoonlik twee oordrewe begrippe van hierdie tipe oorlogvoering. Mense maak…
Jan-Louis Lee en Gerhard van Rhyn gesels saam oor wat die Bybel sê oor vas. Moet ons dit vandag nog doen? Is daar ‘n plek en ‘n tyd vir gelowiges om steeds vandag te vas?
‘n Kort opsomming van die ampswerk van ouderlinge asook enkele praktiese riglyne om hulle behulpsaam te wees in die uitvoering van hulle ampswerk. Saamgestel en uitgegee deur Streeksklassis Trans-Magalies
‘n Kort opsomming van die ampswerk van diakens asook enkele praktiese riglyne om hulle behulpsaam te wees in die uitoefening van hulle ampswerk. Saamgestel en uitgegee deur: Streeksklassis Trans-Magalies
Marnix is tans predikant in die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet.