Press "Enter" to skip to content

Category: Onderwysing

(Grieks: paideian). Hierdie is die “onderwysing in die geregtigheid” waarvan Paulus praat. Lering, weerlegging en teregwysing is alles vooraf en tydens hierdie onderwysing nodig. Dit is deel van hierdie paideian. Hierdie kategorie bestaan uit daardie tipe lees- en luisterstof wat gerig is op ons heiligmaking en Christelike lewe. Die Skrif is hiervoor voldoende, sodat ons volkome toegerus kan wees vir elke goeie werk.

Halloween?

 

Halloween – waar kom dit vandaan en mag ons as Christene dit vier?

Uiteensetting:

03:00 Agtergrond oor die fees

09:40 Trick or Treat, Kostuums en Jack-o’-Lanterns

13:35 Wat maak ek met hierdie inligting?

20:00 Mag ons dit vier?

22:10 Wat as ek of my kinders dit al gevier het?

22:57 ‘n Beter fees!

 

Die Heilige Gees stuur, lei en verbly

Kom ons gaan staan vir ‘n oomblik in die skoene van Filippus. Wat baie opvallend is, is waarheen die Gees vir Filippus stuur.Hy stuur hom, sê :26 na ‘n stil, eensame pad. Hulle het dit destyds die “woestynpad” genoem. ‘n Droeë, gevaarlike en stil pad vanaf Jerusalem suidwaards in die rigting van Gasa. Daar was ook ‘n ander, meer gewilde en baie veiliger pad na Gasa – maar die Gees stuur nie Filippus op daardie pad nie. Filippus moet gaan na die eensame, woestynpad.