Scriptura het die onderstaande luisteraarsvraag ontvang: “Hi Marnix, Ek het julle podcast geluister oor verassing. Ons bly in Dubai en is Australiese burgers. Ons is…
Author: Marnix Boersema
Marnix is tans predikant van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Meintjeskop.
Maar hoe sou die Bybel dan wel iemand beskryf wat geestelik besig is om op te groei en volwassenheid te bereik? Hier is vier kenmerke.
Die Prediker leer ons, dat die Here nie net seisoene vir die aarde vasstel nie. Hy stel ook sekere tye, geleenthede en gebeurtenisse (soos seisoene) vas in ons eie lewens.
Wat is kenmerkend van ‘n geestelike kind?
Hoe moet ons maak, as die fondamente van die samelewing onder ons verkrummel? Hier is drie gedagtes om die vraag te beantwoord.
So, wie se Bybel is die regte Bybel? Die Bybel sonder die apokriewe boeke, of die Bybel mét die apokriewe boeke? Of dalk die Bybel met méér apokriewe boeke?
Die wêreld poog alewig om die waarheid te verdoesel, deur woorde en definisies te verander. Sonde en veral seksuele sonde, word anders omskryf.
Ek meen dat ’n “virtuele erediens” of “internet erediens” in wese ’n weerspreking is; ’n oksimoron – twee terme wat ons nou langsmekaar plaas om iets nuut te skep. Dit skep nie net ’n logiese teenstrydigheid nie, maar dit maak die deur oop vir verskeie teologiese onsuiwerhede en dit sou selfs op dwaalleer kon uitloop.