Press "Enter" to skip to content

Month: May 2020

“VIRTUELE EREDIENSTE” IS ‘N WEERSPREKING

Ek meen dat ’n “virtuele erediens” of “internet erediens” in wese ’n weerspreking is; ’n oksimoron – twee terme wat ons nou langsmekaar plaas om iets nuut te skep. Dit skep nie net ’n logiese teenstrydigheid nie, maar dit maak die deur oop vir verskeie teologiese onsuiwerhede en dit sou selfs op dwaalleer kon uitloop.