Press "Enter" to skip to content

Luisteraarsvraag: Israelvisie

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

In hierdie episode gesels ons oor die gevaarlike dwaalleer van die Israelvisie. Hierdie beweging beklemtoon veral die verlossing van sekere rasse. Dit is daarom baie aanloklik vir mense wat lief is vir hulle eie volk en taal.

Daar is baie ooreenkomste tussen die Israelvisie en die “Hebrew Roots” beweging waaroor ons reeds ‘n episode gedoen het. Kliek hier om weer daarna te luister.

Minuutmerkers:

02:10 Oorsig van die Israelvisie

05:57 Siening van Genesis 1-3: Skepping / Adam

11:13 Is almal wat deel van die volk Israel was uitverkies?

13:40 Geen redding op grond van genade nie

19:00 Antwoord op die Israelvisie

21:44 Wat van my vriende / familie wat in hierdie dwaling vassit?

 

 

 

3 Comments

  1. Jan Jan

    Ek het geen kommentaar. Ek het na julle geluister en ek hou van julle boodskap en die manier hoe dit oorgedra word. Jan Earle

    Ek het egter ‘n versoek. My swaer bly in Australia en doen baie navorsing oor Israel. Aangeheg is sy kommentaar nadat hy na julle geluister het. Kan julle my help om hom te antw.

    Dankie Jan, ek het nou hier op Kangaroo Island na die gesprek wat jy vir my gestuur het geluister. Sal graag in lewende lywe Met jou en Neels hieroor wil gesels.

    Ek glo nie in wat ek verstaan die ouens bedoel met die Israel Visie nie. Almal, wit, heel, swart, whatever is gered as hy/sy Christus as Verlosser aanvaar. Wat ek bedoel met my opmerking oor “Israel replacement theology” het niks hiermee te doen nie. Ek kan nie op my selfoon met my dik vingers tik wat ek bedoel nie. Ek glo steeds dat Israel God se Verbondsvolk is. Met dit bedoel ek glad nie dat net Israel of al die Israeliete gered is nie. Met dit bedoel ek dat God se plan deur Israel werk en dat die kerk nie vir Israel in God se plan vervang het nie.

    Sal graag met jou hieroor wil praat. God het aan Abraham belowe dat die Verlosser uit sy nageslag sal kom en dat die Verlosser op Dawid se troon sal sit en regeer. Om te sê dat Israel opgeneuk het en daarom God Sy plan laat verander het maak in my opinie God tot leunaar. God het geweet Israel gaan opneuk die dag toe Hy die EENSYDIGE verbond Met Abraham gesluit het. My punt is, God se plan werk deur die volk van Israel. Dit beteken nie dat al, of slegs die Israeliete gered is nie. Ons moet hieroor gesels my vriend!

    • Goeie more Jan,

      Baie dankie vir jou opmerking en vraag – ons het dit in ons lys van “luisteraarsvrae om te beantwoord” opgeneem en hoop om binnekort ‘n antwoord hierop uit te bring.

      Groete
      Namens die Scriptura-span

  2. Henry H. Pinkham Henry H. Pinkham

    Daar is nie so-iets soos ‘n Israelvisie nie.
    Julle potgooi/artikel is ‘n klug.
    Wat ‘n skande dat julle bybelbestuderende medegelowiges beswadder en leuens omtrent hulle uitdink en dan op ‘n sogenaamde “potgooi” of in ‘n sogenaamde artikel plaas! Dit net omdat julle verkies om die opgetekende feite oor die saak te ignoreer!. Wie probeer julle met julle onkunde oortuig?
    A nee-a mense. Julle tree absoluut op soos die middeleeuse Roomse kerk. Geen wonder julle is ongeloofwaardig nie. Wanneer wil julle begin bykom?

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.