Press "Enter" to skip to content

Die Tien Gebooie – Die Derde Gebod

Die ydelike gebruik van die naam van God tas Sy wese direk aan. Misbruik van God se naam sluit in die betekenislose, onnadenkende gebruik van Sy naam, direkte laster teen God, asook ons stilswye wanneer Sy naam misbruik word. Slaan ons nog ag daarop as ons dit hoor, en stel ons dit reg of wys ons dit uit in die samelewing? Of is ons aandadig deur ons stilswye? Staan ongelowiges skuldig aan hierdie sonde, selfs al glo hulle nie in God nie? Leef sommige Christene asof God nie bestaan nie? Hoe lyk praktiese ateisme in gelowige sirkels, en hoe mag ons ‘n eed aflê?

00:00 Die Tien Gebooie – Die Derde Gebod
02:20 Eis en agtergrond – God is anders
08:50 Wat beteken dit om God se Naam te misbruik?
15:32 Is dit so ‘n ernstige sonde?
19:20 Stilswyende toekyk
22:40 Hoe laster gelowiges se leefstyl God se naam?
26:30 Wat is die troos van die derde gebod?
29:30 Die sweer van ‘n eed

Skrifverwysings:
Eks 20, Eks 3:14, Jes 46, Joh 8:23, Joh 18:6,8, Art 1 van NGB, Rom 1:18-21, Lev 24, 1 Sam 17:26, Luk 12:8-9, Rom 12:1-2, HK Sondag 37 en 47, Matt 23:16-22.

Aanbieders: Jan-Louis Lee en Gerhard van Rhyn

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.