Press "Enter" to skip to content

Die Tien Gebooie: Die Eerste Gebod

Die hart van die mens neig tot afgodery, en plaas homself graag bo God. Maar nadat Hy ons red, leer Jesus vir ons die eerste gebod. “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod.” En in Eksodus 20 , ” Jy mag geen ander gode voor My aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My gebooie onderhou.”  Wat beteken die eerste van God se tien gebooie vir ons, en waarom moet ons elke dag poog om dit te gehoorsaam?

00:00 Tien Gebooie: Die Eerste Gebod
02:30 Tweeledige gebod – God VERbied en GEbied
08:36 Liefde en jaloesie van God
13:40 Wat beteken die eerste gebod vir ons vandag?
20:36 Wat gebied God ons?
25:25 Selfaanbidding en werke heiliging
27:00 Praktiese toepassing

Skrifverwysings:
Eks 20, Deut 5, HBK Sondag 4: Vr 94, Deut 32, Jos 24, Deut 6, Rom 1, Matt 6:5, Hand 17, Jes 40, Ef 2.

Aanbieders:
Jonker Venter, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.