Press "Enter" to skip to content

Wat sê die vers? Romeine 8:28

Drie misverstande is onder bespreking oor Romeine 8:28. Sal alles altyd goed gaan met die kinders van God? Sal dit progressief beter en beter gaan hoe liewer en liewer ons God het? Nee, want die evangelie is nie goedkoop nie, en hoofstuk 8 van Romeine gaan eintlik oor lyding, beproewinge en verdrukking. Die lewe van ‘n ware gelowige is ‘n swaarkry proses van heiligmaking. Genadiglik is ons reeds geregverdig in Christus se bloed, en daarom sal alles ten goede meewerk vir God se geliefdes. Ons swaarkry is die smal weg waarlangs God ons, deur Sy kragtige werk, in Sy koninkryk in bring – monorgisties. Hou moed, want die heerlikheid van die ewigheid is baie groter as die lyding wat gelowiges op aarde beleef.

00:00 Wat sê die vers?
02:18 Romeine 8:28-30
03:20 Konteks en drie misverstande
15:45 Sinergisme teenoor monorgisme
20:45 God doen die werk alleen en in ons
23:13 Wat is die “meewerking”?
27:27 Hoop en heerlikheid wag op ons

Skrifverwysings:
Rom 8, Heidelbergse kategismus, Ps 23, Rom 4, Hand 14:22, Kol 2, Jak, Ps 1, Job, Dordtse leerreëls.

Aanbieders:
Marnix Boersema, Jonker Venter

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.