Press "Enter" to skip to content

Wat sê die vers? 1 Korinthiërs 4:20

1 Korinthiërs 4:20 ” …. want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag.” Wat bedoel Paulus met hierdie vers? Daar is verkeie maniere waarop hierdie teks misbruik word: mense fokus op die woorde en die vertoon van talentvolle predikers, en verwar dit met die krag van die Heilige Gees. Kan ons die krag van die Heilige Gees isoleer van die drie-eenheid, en Hom gelyk stel aan die krag van God? En aan die ander kant steun mense soms slegs op dogma, eksegese en leerstellings om menseharte te verander. Hoe kan dit wees? Stel ons woord en krag teen mekaar op? Geloof is tog vertroue in Christus EN kennis van God. Maar wat is die krag dan waarvan Paulus hier skryf? Die evangelie van Christus is die krag van God tot redding vir elkeen wat glo. God roep ons, en Hy roep ons deur Sy woord.

00:00 Wat sê die vers? 1 Kor 4:20
01:24 Hoe word die vers misbruik?
04:30 Is die misbruik ‘n nuwe dwaling?
07:20 Wat sê die vers NIE?
12:20 Wat is die konteks?
15:30 Watter woorde is ter sprake?
16:30 Fondasie van ons teologie en doel van die prediker
18:50 Verhef ons predikers bo die Woord?
27:00 Wat sê die vers werklik?
29:30 Oratoriese vertoon
31:15 Hoe moet ons preek volgens Paulus?

Skrifverwysings:
1 Kor 4:20, 1 Kor 5, 1 Kor 15, 1 Kor 1:4-5, 1 Kor 1:2, 2 Pet 1:19-21, Ps 119, 1 Kor 1:10, 1 Kor 3, 1 Kor 4:13-16, 1 Kor 13, Rom 1.

Aanbieders:
Jan-Louis Lee, Jaco de Beer, Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn


Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.