Press "Enter" to skip to content

Gebed:  Vergeef ons ons skulde

Wat is vergifnis? Hoekom het ons God se vergifnis daagliks nodig? Is christene dan nie reeds vergewe vir hul oortredinge nie?  Sonde kan slegs vergewe word by God as daar boetedoening is, en dit is presies waarom ons volkome vergifnis kan kry deur die kruisdood van Christus.  Ons sonde is vir goed weggeneem.  Christus het die volle prys vir ons sondes betaal met Sy eie lewe, en dus moet ons vanuit daardie genade ook ander, wie teen ons sondig, vergewe. Maar die Skrif leer vir ons die beginsel van daaglikse sondebeleidenis, en dit is ‘n pad van heiligmaking. 

00:00 Gebed: Vergeef ons ons skulde
02:00 Wat is die vyfde bede?
04:25 Wat is die vergifnis van God?
15:20 Waarom bid ons vir vergifnis as ons reeds vergewe is?
17:00 Posisionele en progressiewe heiligmaking
22:44 Die bewys van God se vergifnis in ons lewe is vergifnis vir ander
27:12 Weet hoe groot jou eie sonde is
29:35 Sukkel jy om jouself te vergewe?

Skrifverwysings:
Heidelbergse Kategismus Sondag 51 (Vr en Ant 126), Matt 6, Matt 18:21-35, Ps 51, Op 19, Rom 6, 1 Pet 3:18, Ef 1:7, Kol 3:14, 1 Joh 1:8-1 Joh 2:1, 1 Kor 10:6

Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.