Press "Enter" to skip to content

Gebed: Waarom bid ons?

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Waarom bid ons? Wat is die hart van gebed? Is ons afhanklik van gebed tot God? Het ons gebed nodig, en hoekom eis God dit van ons? Antwoord God altyd ons gebede? Waar pas die geloof van gelowiges se gebede tot God in? Hoe vra ons volgens God se wil? Gebruik God gebed as ‘n middel in Sy almag? Gebed is ‘n opdrag, ‘n genademiddel, ‘n vertroosting, ‘n danksegging en ‘n absolute noodsaaklikheid vir die bestaan en oorlewing van die kinders van God. Die wese van gebed is gesprek met ons hemelse Vader. Jesus het self vir Sy dissipels die Onse Vader gebed geleer. Ons gebede moet ‘n nederige reaksie wees op wie die Here Jesus werklik is.

00:00 Gebed episode 1
03:10 Waarom bid ons?
12:21 Antwoord God altyd ons gebede?
18:47 Waar is God nou?
27:08 Drie gebedsantwoorde
28:53 Hoe vra ons volgens God se wil?
30:25 Hoekom moet ek bid … die Here weet dan alles …?
32:56 Wie is God werklik vir ons?
34:26 Hoeveel gebede is daar in die Bybel?
41:21 Doel van die gebedreeks

Skrifverwysings:
2 Kron 20 :12), 2 Kron 17, Luk 11:9,13, Heidelbergse Kategismus Sondag 45, Ps 95:6, Ps 121, Hand 17:28, Joh 15, 17, Ef 1:3, 1 Joh 5:14, Ps 73.

Ander bronne:
Joni Eareckson Tada getuienis: https://youtu.be/VVXJ8GyLgt0
Scriptura – Leer ons om te bid: https://www.scriptura.co.za/2018/06/leer-ons-om-te-bid/

Aanbieders:
Gehard van Rhyn, Marnix Boersema, Jonker Venter, Jaco de Beer

One Comment

  1. Bennie Aucamp Bennie Aucamp

    Gebed is die (daaglikse) bevestiging aan wie ons behoort en wie ons dien – ‘n lewe van aanbidding tot eer en verheerliking van God Drie-enig.

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.