Press "Enter" to skip to content

Roe v. Wade aborsie wetgewing omgekeer

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Die aborsie hofsaak van 1973 van Roe versus Wade is deur die hofsaak van Dobs versus Jackson omgekeer, en die Amerikaanse state sal nou self oor die afkeur of toestaan van aborsies moet beslis. Goeie nuus is wel dat aborsie van ‘n gesonde baba na 15 weke dus nou weer onwettig is in Amerika. So wat is ons rol as Christene in die samelewing ten opsigte van hierdie sake? Hoe kan die kerk standpunt inneem en grond wen vir die koninkryk van God? Wat kan christene in Suid-Afrika doen om die sonde van aborsie teen te staan? Ons oorwinning lê in die woord van ons getuienis en in die bloed van die Lam … soos vir ons opgeteken in Openbaring 12:11.

00:00 Roe versus Wade aborsie wetgewing omgekeer
01:00 Agtergrond van die saak
04:10 Dobs versus Jackson aborsie saak bring ommekeer
05:38 Amerikaanse federale regstelsel
07:11 Politiese skuif na state om finaal te beslis
11:00 Wat kan christene doen?
14:00 God se alemene genade
16:23 Infiltreer die wêreld met die waarheid van die woord
18:00 Wat is ons algemene roepingstaak?
20:23 Raak betrokke in die samelewing

Skrifverwysings:
Openbaring, Op 12:11

Aanbieders: Marnix Boersema en Jaco de Beer

3 Comments

  1. Ek glo julle gaan seker oor die satanis wat bekeer het praat, Andre ietsie. Gaan julle nnonderhoud voer met hom of net van hom praat? Ek weet nie wat julle dink die beter opsie sal wees nie. Ek is van mening dat dit beter is om met n persoon te praat as van ‘n persoon.

    • Hallo Schalk, ons beplan ‘n episode oor Riaan Swiegelaar ja. As ons beplanning reg uitwerk sal ons oor sy bekering gesels op ons Julie 2022 in Perspektief episode.

      Groete

Leave a Reply to Marnix BoersemaCancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.