Press "Enter" to skip to content

Perspektief: Julie 2022

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Scriptura bespreek die bekering van satanis en medestigter van die sataniese kerk in Suid-Afrika, Riaan Swiegelaar. In ‘n publieke onderhoud het hy sy onlangse bekering onthul, maar toon geen sondebesef nie, gee geen eer aan Jesus Christus nie, en het geen planne om weg te draai van sy sondige lewe en godslasterlike sataniese praktyke nie. Hy verkondig ‘n vreemde jesus en ‘n soort “liefde” waarvan die Bybel nie leer nie. Die waarheid is: die Skrif alleen gee ‘n ware perspektief op alles in die lewe, en in alle ware christene se lewe geniet die Woord van God heel hoogste prioriteit, en dra dit ook die hoogste gesag. Jesus Christus staan absoluut sentraal in ware christene se lewens, en God alleen is al wat ons nodig het tot die ewige lewe.

00:00 Perspektief Julie 2022: Riaan Swiegelaar se bekering
01:48 Wie is Riaan Swiegelaar?
11:15 New Age onder die vaandel van Satanisme
16:40 Post modernistiese satanisme
19:20 Die nuwe slagspreuk is “liefde”
25:45 Waar is Christus in sy bekering?
29:00 Wie is hierdie jesus?
32:30 Wat sê die Woord oor bekering?
35:30 Die Here red ons tot lede van Sy kerk
40:05 Wat is Bybelse christenskap?
45:07 Jesus Christus is te vinde in Sy woord en deur die Heilige Gees
46:00 Christene is volledig in Christus – ons kom niks kort nie

Skrifverwysings:
Open 1, Hand 16, Heb 1, 1 Kor 12, Jes 6, Hand 19, Matt 5, Kol 2, 2 Tim 3:16-17, 2 Pet 1:19-21

Aanbieders: Jonker Venter, Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jan-Louis Lee, Jaco de Beer

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.