Hierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks oor “Identiteit”. En in die episode vra ons die vraag: “Wie is ek?”
Ons praat oor die beeld wat jy van jouself het. Letterlik, hoe jy jouself sien en wie jy dink jy is. In hierdie episode wissel ons gedagtes oor die vraag wat ons almal vir onsself vra en moet vra: “Wie is ek?”
In hierdie episode beantwoord ons twee luisteraarsvrae. Die eerste vraag het te make met tatoes/ “piercings”, terwyl die tweede een oor orgaanskenking gaan.
In die episode antwoord ons ‘n vraag waaroor die meeste van ons al gewonder het. Hoe hanteer ons die situasie in Suid-Afrika: Moet ons hier bly? Moet ons emigreer? Wat van burgerlike opstand?
Episode 0! Ons skop 2019 af deur te vertel wat die doel van Scriptura is en onsself aan die luisteraars voor te stel.
Dit wat met jou liggaam gebeur nadat jy gesterf het beteken NIE niks NIE. Inteendeel, dit dien as jou laaste belydenis! Gesprek oor verassing vanuit ‘n Christelike / Bybelse perspektief.
Die Sondag is God se verbondsteken, wat die gelowiges as ‘n feesdag onderhou, deur saam te rus in die verlossingswerk van Christus.
Dit kan nie ontken word nie dat lykverbranding tot die oudste gebruike in die menslike geskiedenis behoort. Primitiewe volke en stamme het die gebruik reeds geken en … beoefen.
Lykverbranding was egter nie die oorspronklike metode wat by die ou volke in Asië, Afrika, Europa en Amerika die toon aangegee het nie. Die Hetiete en die Egiptenare het byvoorbeeld die gewoonte gehad om hulle dooies te begrawe.
“Wie is jy om te oordeel!?” Hierdie is tipies kommentaar wat ‘n mens sal kry op “godsdienstige” artikels of uitsprake. Wanneer iemand byvoorbeeld ‘n uitspraak lewer oor ‘n uitlating van ‘n predikant, of wanneer iemand “godsdienstige” kommentaar in die publiek (soos koerante, sosiale media) lewer.
Can't find what you're looking for? Try refining your search: