Tydens Paasfees kan ons lees en dink oor die getuienis van al die mense wat voor, tydens en na Jesus se kruisiging by Hom was, en alles waargeneem en ervaar het. Dan sien ons mooi hoe ons met elkeen van hulle kan vereenselwig, en soortgelyke swakhede het. Ons besef weereens ons groot nood vir Christus se verlossing, maar veral hoe groot God se genade is.
03:00 Pontius Pilatus – soos die massas
07:09 Barabbas – seun van die vader
14:40 Die Romeinse soldaat – eens gehard en ongenaakbaar
17:21 Die vroue by die kruis – stukkend, maar sterk in die geloof
20:40 Twee misdadigers aan die kruis, en hoe hulle verskil
27:22 Die opstanding – die vroue by die graf
31:47 Die ongelowige Thomas kom tot geloof
35:10 God ontmoet die Emmaus gangers op hul pad
39:08 Die selfversekerde Petrus verloën Christus
Skrifverwysings:
Ps 2, Matt 27:15-26, Rom 5, Rom 3, Gen 3:15
Aanbieders:
Jaco de Beer en Gerhard van Rhyn

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Be First to Comment