Mattheus 12:31-32 wek by ons die vraag: Waarna verwys Christus as Hy praat van die lastering teen die Gees wat nie vergewe sal word nie?
Scriptura
In hierdie episode gesels ons oor die New Age beweging, wat eintlik al ‘n ou dwaalleer is, hoe dit in Suid-Afrika voorkom en hoe ons as Christene daaroor dink en daarop moet reageer.
1 Johannes 5:16 wek by ons baie vrae, maar veral een: wat is die sonde tot die dood?
“As iemand sy broeder ’n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee—vir die wat nie ’n sonde tot die dood doen nie. Daar is ’n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.”
Dalk het jy al ‘n Jehovah se Getuie ontmoet, of hulle het by jou deur aangeklop. Dalk het jy gewonder hoe om die Evangelie aan hulle te bedien, maar hoe? Ons gesels in hierdie episode kortliks oor dit wat die sg. Jehova Getuies glo en hulle geskiedenis. Dan gee ons spesifiek riglyne oor gesprekke met hulle oor ons verlossing, die plek en doel van ons goeie werke, die wederkoms, die 144, 000 en die wêreld hierna.
Die Sondag is God se verbondsteken, wat die gelowiges as ‘n feesdag onderhou, deur saam te rus in die verlossingswerk van Christus.
Is dit goed (is dit reg?) vir ‘n gelowige om ‘n romantiese verhouding met ‘n ongelowige te begin?
Luister hierdie 3 minute episode vir ‘n verduideliking van die woord “dissipel”, hoe dit verskil van “apostel” en wat dissipelskap beteken.
Ons gesels saam oor die misverstand onder baie mense dat niemand hoegenaamd mag oordeel nie. Is dit so? Ons argument is juis dat die Skrif…