Press "Enter" to skip to content

Category: Onderwysing

(Grieks: paideian). Hierdie is die “onderwysing in die geregtigheid” waarvan Paulus praat. Lering, weerlegging en teregwysing is alles vooraf en tydens hierdie onderwysing nodig. Dit is deel van hierdie paideian. Hierdie kategorie bestaan uit daardie tipe lees- en luisterstof wat gerig is op ons heiligmaking en Christelike lewe. Die Skrif is hiervoor voldoende, sodat ons volkome toegerus kan wees vir elke goeie werk.

Isolasie en geheimhouding na trauma

Ons gesels met ‘n maatskaplike werkster, Christa van der Linden, oor ‘n luisteraar se vraag oor isolasie en geheimhouding na ‘n traumatiese gebeurtenis:  Is isolasie goed?  Hoekom hou ons geheime na trauma?

00:00  Scriptura inleiding 
01:27  Kinders en trauma
13:54  Voorsorg
21:00  God troos deur Christus
27:19  Luister met geduld en verdraagsaamheid
34:28  Ondersteun jou kind in trauma
36:35  Bring jou kind na Christus toe
39:37  Leemte in gereformeerde kinderberading
40:36  Hanteer troos met die oog op die ewige

Skrifverwysings:
Huweliksformulier, Deut 6, Ef 5, Kol 3:21, 2 Tim 2-3,Jakobus 3, Hebreërs 11:36-40

Ander episodes oor trauma:
https://www.scriptura.co.za/2018/02/isolasie-en-geheimhouding-na-trauma/
https://www.scriptura.co.za/2021/06/pastoraal-angs-en-vrees/
https://www.scriptura.co.za/2020/09/luisteraarsvraag-waar-is-god-as-die-boosheid-skynbaar-seevier/
[…]

Hoe loop ‘n mens die pad van heiligmaking?

Prof. Henk Stoker beantwoord die luisteraarsvraag:   “Ons weet almal van regverdigmaking deur Jesus Christus, maar wat gebeur daarna … hoe loop ‘n mens die pad van heiligmaking?   Is alles net die Heilige Gees se werk, of het ek as mens ‘n rol om te speel?”