Press "Enter" to skip to content

Category: Lering

(Grieks: didaskalia). Dit verwys breedweg na lering en instruksie, oftewel dogma. Artikels, blogs en podsendings wat te make het met leerstellings in die Bybel, sal jy hoofsaaklik onder hierdie kategorie vind.

“Leer ons om te bid”

Meeste mense kan aan redes dink hoekom iets van of in gebed nie reg is nie. Maar om heeltyd te sê wat verkeerd is, bring ons nog nêrens nie. Ek dink dit is ‘n baie slinkse strategie van Satan. Hy bevorder “net twisvrae…meer as stigting van God wat in die geloof is” (1 Tim. 1:4). So, alhoewel dit uiters belangrik is dat ons die verkeerde moet uitwys en die gelowiges moet waarsku teen dwaalleer, is dit ewe-belangrik dat ons nie ongeballanseerde gesprekke voer nie. Gesprekke waar ons bv. net fokus op die verkeerde maniere van bid. Dit is goed om te weet wat die verkeerde maniere is, maar dink en praat ook oor die regte maniere van bid.

7 Kenmerke van iemand wat vir die Here lief is

Op hierdie episode lys ek sewe Bybelse kenmerke van iemand wat vir die Here lief is.
Iemand het die Here lief, wanneer hy begeer om in die weg van die uitverkorenes te wandel. So ‘n persoon vertoon op die ou end gewoonlik hierdie 7 kenmerke:
1.  Hy het Christus lief en glo dat Jesus waarlik God is en mens geword  het.
2.  Hy hou die Here se wette en het berou en bekering teen sy eie  swakhede
3.  Hy het sy naaste daadwerklik lief
4.  Hy vier die sakrament van die Nagmaal
5.  Hy is ‘n meelewende lidmaat van ‘n plaaslike kerk
6.  Hy het die Waarheid lief
7.  Hy span sy hele wese in om die Here lief te hê

Wie is my naaste?

‘n Vraag wat soms te min aandag verdien is: “wie is my naaste nou eintlik?” Ek moet immers, as Christen my naaste liefhê! In hierdie episode kyk ons na Lukas 10 vir drie belangrike rigtingwysers om hierdie vraag te beantwoord:

(1) Luk. 10:29| Maar hy wou homself regverdig
(2) Luk. 10:36| Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?
(3) Luk. 10:37| En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

Wie is my naaste? Ons moet eerder vra: vir wie is ek ‘n naaste?

Hoe loop ‘n mens die pad van heiligmaking?

Prof. Henk Stoker beantwoord die luisteraarsvraag:   “Ons weet almal van regverdigmaking deur Jesus Christus, maar wat gebeur daarna … hoe loop ‘n mens die pad van heiligmaking?   Is alles net die Heilige Gees se werk, of het ek as mens ‘n rol om te speel?”

Die Heilige Gees stuur, lei en verbly

Kom ons gaan staan vir ‘n oomblik in die skoene van Filippus. Wat baie opvallend is, is waarheen die Gees vir Filippus stuur.Hy stuur hom, sê :26 na ‘n stil, eensame pad. Hulle het dit destyds die “woestynpad” genoem. ‘n Droeë, gevaarlike en stil pad vanaf Jerusalem suidwaards in die rigting van Gasa. Daar was ook ‘n ander, meer gewilde en baie veiliger pad na Gasa – maar die Gees stuur nie Filippus op daardie pad nie. Filippus moet gaan na die eensame, woestynpad.