In hierdie episode beantwoord ons ‘n luisteraar se vraag rondom Lectio Divina. Wat is Lectio Divina? Is dit Bybels? En is dit iets wat ons…
Author: Scriptura
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
Hierdie is die twee episode in ons reeks oor “Finansies”.
Op die oomblik gaan dit nie te goed met SA se ekonomie nie, en baie van ons voel dit aan ons sakke. Alles word net duurder en duurder!
So, hoe gemaak wanneer ek in ‘n finansiële krisis beland? Hoe kry ek dit reg om op die Here te vertrou/wag – sonder om my eie plig te versuim? Is dit ‘n straf van die Here?
Luister gerus na hierdie episode waarin ons oë weer gevestig word op die Here se voorsieningheid en sorg in ons lewens.
Mei in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons in hierdie episode oor:
-Star Wars Produksie-vervaardiger wat ‘n donasie wil gee vir die pro-aborsie saak (2:40)
-Disney se “gay parade” wat begin Junie afgespeel het (12:55)
-Multichoice en die gebeure daaraan verbonde (22:22)
Ons gee in hierdie episode ‘n “teologie van geld” – ‘n paar Bybelse beginsels oor geld en hoe ons met ons geld moet omgaan.
In hierdie episode bespreek ons die vierde gebod. Wat is die implikasie van hierdie gebod vir gelowiges vandag? Moet ons Sondae steeds as ‘n sabbat hou?
In hierdie episode beantwoord ons ‘n luisteraar se vraag rondom die klassifikasie van die Bybelse wette.
Ons kyk watter wette nog bindend is vir gelowiges vandag, en ook hoe wetsonderhouding inpas by die Boodskap van die Evangelie.
In hierdie episode beantwoord ons ‘n luisteraarsvraag:
“Is lotjies trek (“raffles”) sonde? Die Bybel sê nie direk iets hieroor nie? Wat van dobbel?”
Ons kyk na die werping van die lot in die Bybel, dan gesels ons oor lotjie-verkope (bv. vir ‘n kerk se fondsinsameling), en laastens gesels ons oor die Nasionale Lotery.
April in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons in hierdie episode oor:
Paasfees-kruisigings in die Fillipyne (0.50”)
Die Notre Dame wat afgebrand het (09:45”)
Uitlatings van die rugbyspeler, Israel Folau (19:33”)







