Press "Enter" to skip to content

Pastoraal: Bejaard en Eensaam

Wat is die uitdagings vir bejaardes in vandag se vinnige lewensstyl? Heelwat bejaardes vereensaam wanneer hul wederhelftes sterf, en hul kinders die huis verlaat. Hoe kan ons hulle bystaan met die moeilike aanpassing van afskaal en nuwe lewensomstandighede, vanweë hul spesifieke behoeftes of gesondheidsuitdagings? Hoe kan ons hulle steeds in ons kerke, en in ons gemeenskappe betrokke hou en verwelkom? Hoe kan ons hul eensaamheid verlig en hulle ondersteun in hul ou dae? Wat sê die Skrif oor ons seniors en ons ouers, en hoe moet ons hulle versorg?

02:30 Psalm 71:1-14
08:10 Die werklikheid van eensaamheid
13:00 Hoe troos die evangelie ons?
22:00 Praktiese raad
25:00 Wat is die verantwoordelikheid van die familie?
31:00 Wat is die rol van die kerk?

Skrifverwysings:
Ps 71:1-13, Luk 2, Spr 1, 1 Tim 5, Tit 2

Aanbieders:
Jonker Venter en Gerhard van Rhyn

One Comment

  1. Flip Buys Flip Buys

    In een gemeente waar ek was het ons die diakens geleer om die lidmate in hulle wyk te organiseer om te sorg vir die bejaardes in die wyk. Dit het daartoe gelei dat van die bejaardes en gemeentelede so bevriend geraak het dat ‘n gemeentelid gereeld vir ‘n bejaarde tannie haar toonnaels geknip het.

    In ander gemeentes het ons senior jeugkatisante gestimuleer om vir bejaardes op hulle verjaarsdae te gaan sing. In een geval het die diaken mense in die wyk gereël om eenvoudige herstelwerk by ‘n bejaarde se huis te gaan doen. Die basiese beginsel is dat elke gemeente daaraan moet werk dat die gemeente waarlik ‘n HUISGESIN VAN GOD moet wees. Die woord MEKAAR kom bykans 70 keer voor in die Nuwe Testament. Die diakens se taak is om dirigente te wees wat die gemeente God se lied van liefdesdiens laat weerklink. Beginsels in Bryant se book oor armoedeverligting is ook toepasbaar op die versorging van eensame bejaardes.

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.