Wat is apologetiek en waar pas dit in my geloofslewe in? Moet ek die waarhede van die Woord van God, of my geloof in die waarheid van God in die publiek en algemene samelewing verdedig? Wat is die doel van apologetiese getuienis of redenasies met ongelowiges of soekendes? Is ek gereed om ‘n verdediging aan te bied om die leuens oor God teen te staan in my naaste se hart?
1 Petrus 3:15 leer vir ons “Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees..”
00:00 Inleiding tot apologetiek reeks
05:00 Waar kom ons apologetiek in die samelewing teë?
09:00 Wat is apologetiek?
10:00 Apologetiek as vakgebied binne teologie
14:44 Wat is apologetiek NIE?
17:00 Noodsaak van apologetiek in elke gelowige se lewe
23:00 Liefdesroeping
28:00 Almal is ‘n apologeet
29:10 Wêreldbeskouing en voorveronderstellings
34:26 Praktyk en doel
Skrifverwysings:
1 Pet 3:15, 1 Tim 3:15, 2 Tim 3:16-17, 2 Tim 4:2, 1 Kor 9:3, 1 Kor 1–2, 2 Kor 10:2-5, 1 Kor 15:3–7, Jak 3, 2 Kor 13:18
Boek Voorstelle:
The myth of religious neutrality – Roy A Clouser:
https://www.amazon.com/Myth-Religious-Neutrality-Revised-Theories-ebook/dp/B01D4TAXXC/ref=tmm_kin_swatch_0
Christian Apologetics – Alister E McGrath:
https://www.amazon.com/Christian-Apologetics-Introduction-Alister-McGrath-ebook/dp/B0CKY9SL74/ref=tmm_kin_swatch_0
Aanbieders: Jonker Venter en Jaco de Beer

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Be First to Comment