Press "Enter" to skip to content

Pastoraal: Afwesige Vaders

Hoe lyk die werklikheid van vaderskap in ons huise? Doen ons die nodige om ons kinders te begelei en ons seuns as manne van God te herder, op te voed en te ondersteun in al die verskillende fasette van hul lewe en geestelike groei? Maak ons moeite met ons kinders, of laat ons daardie werk maklik aan ons vrouens oor as dit te emosioneel of geestelik van aard is? Staan ons die bybelse mandaat af aan diegene wat gretig is om ons kinders af te rokkel, negatief te beinvloed, en die verskriklike groot gaping met wêreldse invloed te vul? Wie het die gesin en die opdrag vir vaders as die hoof van hul gesinne ingestel? Hoekom verbrokkel die gesin en word kinders goddeloos en afvallig van God die Vader? Hoe kan ons werklik gehoorsaam en verantwoordelik in die rol van vaderskap begin staan? Hoe draai ons die groot krisis van vaderloosheid om in Suid-Afrika, sodat ons God kan verheerlik, en ons kinders die voorreg het om Hom as vader te leer ken en te dien?

02:41 Werklikheid en impak van vaderafwesigheid wêreldwyd
08:15 Man en vrou – pa en ma – is uniek geskape
11:10 God se skeppingsorde en opdragte vir die huisgesin
17:30 Bybelse beelde van huisgesin en huwelik
19:00 Goddelike gesag ontbreek
22:00 Evangelie herstel ons gebrokenheid
24:00 Wat moet ons doen?
28:40 Reik uit na mekaar
31:00 Oproep tot die kerk

Skrifverwysings:
Tit 2, Deut 6, Gen 1 en 3, Ps 78, Ef 5, HBK Sondag 39 vr 104, Ef 6:4, Kol 3:21, Gal 5

Aanbieders:
Jaco de Beer en Jan-Louis Lee

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.