Hoe moet ons mense wat met seksuele sonde worstel behandel en dien? Hoe kyk ons verby die skaamte en stigma, en help ons verlore siele om Christus se liefde en genade te sien? Hoe wen ons hulle vir Christus?
Moet ons diesulkes vermy en verwerp, of moet ons hulle liefhê en dien met die waarheid van Christus? Hoeveel siele kos dit ons om te swyg oor die waarheid? Kan liefde sonder waarheid oor sonde regtig ‘n getuienis van verlossing wees? Kan die waarheid sonder liefde mense dien soos Christus dit sou doen?
Hoe moet kerkdissipline en tug teenoor lidmate lyk? Leef ons self as verlostes en getuig ons lewens van verlossing? Kategoriseer ons sondes vanweë ‘n verlies aan konsekwentheid en huigelaary? Deins ons terug van die moeilike gesprekke en konfrontasies as gevolg van emosionele konnotasies of familiebande?
00:00 Waarheid en liefde in pastorale omgang met mense wat worstel
01:25 Vr 41- Hoe bewys ons liefde aan diegene wat in seksuele sonde leef?
05:00 Kerk se roeping – tug in liefde
09:00 Hoe moet kerkdissipline teenoor hierdie lidmate lyk?
12:00 Liefde waarheid in liefde teenoor laster?
15:44 Hoe getuig ons eie lewens van die waarheid?
21:05 Waartoe is ons geroep?
27:00 Hou lidmate se struikelblokke en sonde privaat
Skrifverwysings: 1 Kor 5, Matt 18, 1 Tim 6:11-17, Fil 2, 1 Kor 6, 1 Kor 13:6
Aanbieders: Gerhard van Rhyn en Jaco de Beer

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
Be First to Comment